Die Covid19 pandemie is klaar erg genoeg, maar die geweldige hoeveelheid inligting wat daar deursypel, verwar ‘n mens nog meer. Wat is die waarheid en wat is alles vals nuus?  Wat is die beste manier om ons geliefdes en onsself te beskerm?

Feitlik elke nuusorganisasie op die aardbol het nou ‘n worsmasjien geword om stories oor die virus te verskaf. Daarby het al wat leef en beef op die sosiale media  –  insluitende nie-regeringsorganisasies en die meeste private sakeondernemings  –   ook ‘n eiertjie daaroor te lê.

Van die inligting is geloofwaardig en nuttig, maar heelwat daarvan is nuttelose fopnuus, en baie daarvan is letterlik gevaarlik  –  Pasop!

Hoe moet ‘n mens nou oordeel of inligting feit of fout is? Hier volg ‘n paar wenke wat jou kan help om verstandig te wees en gesond te bly:

  • Kontroleer die bron van stukke inlgting. Waar kom dit vandaan? Wie sê so? Moenie ag slaan op die boodskap as jy nie die geloofwaardigheid van die bron kan vertrou nie.
  • Klik gerus op VERWYDER (delete) wanneer ‘n boodskap (WhatsApp, SMS) vanaf ‘n naamlose bron na jou toe aangestuur word.
  • Moenie eers luister as ‘n boodskap begin met “Ek hoor …”  of “Die mense sê …”  As iets vir jou verdag lyk,  vertrou jou gevoel en laat dit links lê. Tensy jy presies dieselfde inligting by twee ander, total onafhanklike bronne kry.
  • Selfs al het jy iets op die radio gehoor, beteken dit nie noodwendig dat dit waar is nie. Dit kan net sowel ‘n luisteraar wees wat inbel en vertel wat sy skoonsuster se oom dalk vermoed het.
  • Skinderpraatjies is gewoonweg ‘n gemors van tyd wees, maar ten tye van Covid-19 kan dit selfs gevaarlik wees.  Moet asseblief nie staaltjies oor die virus versprei tensy jy self ‘n dokter is wat opgelei is op die gebied van die openbare gesondheid nie.  As jy iemand op die TV sien raad gee, maak eers seker dis president Cyril Ramaphosa, die minister van Gesondheid Zweli Mkhize of iemand van wie jy seker weet dat hy of sy ‘n mediese deskundige is.  As jy gelukkig genoeg is om toegang te hê tot die internet, behoort jy te kan staatmaak op die volgende webwerwe:
  • Die Suid-Afrikaanse regering se Corona-virus-webwerf: https://www.gov.za/Coronavirus
  • Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes: https://www.nicd.ac.za/
  • Die Wêreldgesondheidsorganisasie: https://www.who.int/emergencies/diseases/novel-coronavirus-2019

Moet nooit gerugte versprei nie – dit kan lewensgevaarlik wees. Dit kan ook maklik lei tot onverantwoordelike optrede of paniek.  Gerugte kan mense onsinnige dinge laat doen, soos om stapels toiletpapier op te gaar.

This article is published by Grocott’s Mail as part of a Covid-19 information-sharing  collaboration with the Rhodes University DSI/NRF South African Research Chair in Biotechnology Innovation and Engagement and several Rhodes University departments who make up the RU COVID-19 Science Engagement team: www.ru.ac.za/covidscicomm as well as government departments and the Makhanda Circle of Unity.

Comments are closed.