Rugbyspelers in Makana probeer op verskeiewyses om gedurende die landswye grendel periode aktief en fiks te bly. Vir die meestespelers, afrigters en rugby en toesiaste is dit ‘n frustrerende periode as gevolg van die kansellasie van sport byeenkomste wat deur die pandemie genoodsaak is. Alle rugby byeenkomste is summier gekanselleer. Om fiks te bly, probeer die meestespelers om op hul eie te oefen en aktief te bly. Om op jou eie oefen is veelveiliger as om met ander spelers en spanmaats in aanraking te kom.

Grocotts Mail het ondersoek ingestel na hoe spelers aktief en fiks bly gedurende die tydperk van afsondering. Die Brumbies se meeservarespeler, Gareth Burger, is ‘n baie aktiewe speler wat hom tuis fiks hou. Hy is gelukkig om sy eie klein gymnasium by die huis te hê en is elke dag fluks met sy oefen program besig. Voordat hy in sy gimnasium begin oefen, draf hy vyf minute lank in sy agterplaas of hardloop ‘n paarkeer heen-en-weer om op te warm. “Vir my is dit belangrik om ‘n oefen program gedurende die grendeltyd te hê. Ek is bevoorreg om ‘n paargewigte met ‘n oefenbanken ‘n stel handgewigte, ‘n reguit balk en ‘n geboë balk by die huis te hê. Ek probeer om ten minste 5 dae per week in die gimnasium te oefen en werk aan my skouers, arms, middelrif, bors en bene.Tussen in, boks ek as deel van my kardio-oefeninge. Ek hou my ook in die tuin besig.”

Mason Brooks van Kowie United Rugby Club in Port Alfred, is tans met ‘n oefen program van ses weke besig. Hy sê hierdie program sal help om sy fiksheids vlakke en vaardighede op te skerpen sluit oefeninge ten opsigte van krag ontwikkeling en uithou vermoë in. “Ek geniet die oefen program terdeë en kan die verbetering en sukses sien.”

Ethan Sonaze, die kaptein van P.J.Olivier se eerste rugby span is ook met ‘n tuis-oefen program besig. Hy oefen baie in die gimnasium en is superfiks.” Ek oefen drie keer per dag in die agter plaas deurheen-en –weer te hardloop en naelloop te oefen. Ek het geen ander keuse as om fiks te blyvir die geropening van die skool en die rugby seisoen nie.”

EldricoKivitts, ‘n talentvolleuitblinker van die Brumbies, is ookbaieaktief. Hyoefen in die gimnasium, ryfietsen drinkdaagliksbaiedieeet-aanvullings.Hyhouhomookbesig met sing ensymeisie is syinspirasie om fiksenaktieftebly.

Maasdorp Cannon, die afrigting –en ontwikkelings beampte van die Oostelike Provinsie Rugby unie, is ook baie aktief en oefen daagliks. Hy is hard besig met ‘n verskeidenheid oefeninge in sy agterplaas in Calvertstraat, Makhanda. Hy behou ook sy fiksheid deur gesonde eet en te drink.

https://www.grocotts.co.za/2020/05/04/players-keep-themselves-fit-during-lockdown/

Donnay Oosthuizen

I am the Production Manager of Grocott's Mail Print Edition. I am married and I have a daughter of 10 who is in Grade 4 at Victoria Primary School. The words that I live by is if you don't succeed try and try again.

Comments are closed.