Deur JOUBERT RETIEF, skoolhoof, Hoërskool PJ Olivier 

In 2021 het een-en-veertig Graad 12-leerlinge hul eindeksamen by Hoërskool PJ Olivier afgelê.

18 leerders voldoen aan die vereistes om vir ‘n Baccalaureus-graad te studeer, 12 vir ‘n Diploma, 5 vir ‘n sertifikaat en 6 leerders kan die hereksamen in Junie 2022 skryf.

Ons toppresteerder van 2021 is Shirley Retief wat uitblink met ‘n gemiddeld van 88,6% en 7 Vak A’s. Sy is een van die ontvangers van die Jakes Gerwel Fellowship-beurs en gaan hierdie jaar aan die Universiteit van Kaapstad ‘n BA-graad in tale studeer met die oog op onderwys in die toekoms.

PJ Olivier skoolhoof Joubert Retief met sy dogter, dux geleerde Shirley Retief, en Anna Retief .

In die tweede klasposisie is Lané van Vuuren met 79,1% en derde Cara Meyer met 75,7%

Gesamentlik is daar 24 Vak A’s en die groep se gemiddeld is 54%

Ons is trots op hierdie klas, wat ten spyte van moeilike emosionele omstandighede steeds vir verlengde skooldae, Winterskool in die vakansie en ekstra klasse opgedaag het en hul beste gelewer het. Ons is dankbaar vir elke onderwyser wat die ekstra myl geloop het om die leerders by te staan om vir die eksamens voor te berei en die ouers wat van die huis af hul ondersteuning gebied het.

Ons beste wense vergesel elke leerder op hul lewenspad.

Comments are closed.