Met ‘n 64-jaar-oud verwantskap met PJ Olivier, loop die skool diep in Reinet Crous se bloed. Crous tree af na ‘n 30 jaar as onderwyseres.
Crous begin in 1967 haar skoolloopbaan as Sub A-dogter by PJ Olivier.  Sy voltooi haar matriek ook by PJ Olivier in 1978 en sal onthou word as ‘n kranige atleet.
In 1989 sluit sy weer by die skool aan as ‘n aflos-onderwyseres en aanvaar in 1991 ‘n permanente pos.
Vir die afgelope 30 jaar blink sy uit as ‘n toegewyde laerskool-juffrou, die laaste 10 jaar daarvan as Graad 1-juffrou.
In ‘n verklaring van die skool, se hoof Joubert Retief, “Ons groet haar met ‘n swaar hart, maar wens vir haar ‘n voorspoedige en vreugdevolle aftrede toe. Dit is moeilik om te dink dat PJ vir die eerste keer in baie jare sonder haar sal begin. Haar vriendelikheid, bedagsaamheid, opregte belangstelling en omgee is enkele van haar pragtige eienskappe.

“Crous se optrede getuig altyd van respek teenoor ander, integriteit vir dit wat reg is en ‘n hart vir haar medemens. Sy het elkeen van haar leerders geken en liefgehad soos haar eie. Ons is dankbaar dat sy vir soveel jare getrou met die skool haar liefde gedeel het, en gaan baie na haar verlang.”

Grocott's Mail Contributors

Grocott's Mail Contributors includes content submitted by members of the public, and public and private institutions and organisations - regular and occasional, expert and citizen, opinion and analysis.

Comments are closed.