Prediker van Shaw Memorial Metodiste Kerk, Ronnie Peters. Foto: Megan Kelly

Ronnie Peters het op die 19de Oktober 2018 50 jaar as Metodiste prediker gevier.

Sy amptelike prediker loopbaan het op die 29 Augustus 1962 begin toe hy n skriftelike nota gekry, n “Note to Preach” om te preek van die eedelbaar CW Moore wat n superintendent was in die kerk gedurend die ou bedeeling, lank voor die kerk die “geographic circuit” geword het en so ver as wat Peters kan onthou was hy die eerste prediker ooit om n “Note to Preach” gekry het.

Nadat hy die nota gekry het, moes hy toets spreek doen en dit het hy gedoen op die 29ste September 1968 op Alicedale. Die skrif wat hy daar gebruik het was 2 Petrus 3vs 4-14. Hy het n volle prediker geword op die 19de Oktober 1968. Hy het sy 25-jaar diens sertifikaat gekry op die 21 Julie 1997 en toe kry hy weer een op sy 40 jaar in 2008.

Maar sy loopbaan het lank voor die begin. Dit het eintlik op sy kinderjare begin. “Ek het op n plaas groot geword, naby Cradock. Ek en my broer het altyd saam met n ou prediker daar rond gegaan destyds met n donkie kar en plase toegery en ek en my broer het die bybel gelees vir hom, want hy was nie n goeie geleerder man nie, en daar was gesange en hy het vir die mense die boodskap gebring,” se Peters.

In sy loopbaan was hy baie betrokke by die kerk. Hy was president van die rekepredikers vereeniging en hy het twee termyne gedien. Hy was ook n “circuit stewart” gewees vir twee termyne onder eedelbaar Shaw Longuza en Makhaya Tena. Toe daar kerk verkiesings was, het hy gevoel dat hy moes afstaan. Tot nou toe is hy nog betrokke by die kerk, maar hy staan nou n bietjie terug.

Hy was baie jonk toe hy aanvaar is n prediker en hy wil vir die jong mense se van vandag “Ek wil die jonge mense bemoedig om te se “It is worth it”.

“Ek moes versigtig wees, want somtyds wil die mense die waarheid praat, maar hulle wil nie waarheid hoor nie. En as prediker moet jy se wat is reg, is reg, en wat verkeerd is, is verkeerd. Si dit is die waarheid van Christus. As prediker dit is wat ek geniet. I preach the simple Gospel,” se Peters.

Hy voel deesdae dat daar so baie uitdagings is. Hy was een keer gevra om by Wesley Methodist Church te preek en hy was n bietjie seenuweeagtig gewees, want Afrikaans is sy huis taal en hy moes in Engels gepreek het. Maar n Mr Olifant wat n onderwyser was van Alicedale, het vir hom eenkeer gese “As jy Engels preek of praat dan praat hy uit sy kop uit, maar as hy Afrikaans praat, praat hy uit sy hart uit.” Dit is die woorde wat hom deur gedra om by Wesley te preek.

Gelukkig deesdae is dit nie meer soos die ou bedeeling nie, waar jy bang was om te preek. Want in daai jare moes hy versigtig wees as hy preek, want hy moes altyd kyk of daar mense van die “Special Branch” gesit in die gemeente. Brian Hazel het vir hom eenkeer gese, “As jy praat van jy met jou naaste liefhe soos jouself, dan sal die Special Branch vir jou vra, “Who is your neighbour?”

Dan moes hy versigtig antwoord, want in daai dae kon jy nie se dat die Special Branch jou naaste is nie.

Sy hoogte punte van die 50 jaar, was toe hy in 1973 by die Missionary Evangelism vergadering was in Durban en daar het vir Billy Graham en Dr Beyers Naude ontmoet.

Nog n ding wat hy trots is oor is dat daar was nie in die ou dae n kleurling Metodiste Kerk in Port Alfred nie, en twee manne het hom genader en hy het hulle gehelp om die gemeente te stig. Die kerk staan nou nog.

Nog n hoogte punt vir hom is die feit dat die breer kerk vir hom waardeer en dit gee hom die lus om verder aan te gaan in die kerk.

Met al hierdie hoogte punte, voel hy dat hy nie ook alles kompleet het nie. Hy was betrokke by baie organisasies, politiek en “civic services”. Hy se dat hy het sy bydrae gelewer en hy het “gesacrifice”, maar hy het nie so ver gekom om te se okay, hy het dit gedoen “en dit is klaar nie”.

Hy se een van sy nie so lekker dinge in die 50 jaar wat hy ondervind het, was jaloersie. “As jy prober om die regte ding te doen, dan kry jy altyd teenkanting, maar ek het verby dit gegaan. Soos hulle se, “You must keep your cool.” As mense opgaan, moet jy nie opgaan nie. Dit was ook een van die dinge wat my baie frustreer het, dat mense altyd die waarheid verander. Ons het prober om baie dinge te doen in die kerk, maar daar was altyd teenkanting gewees,” se Peters.

Hy se hy n voorbeeld vir mense. En toe hy betrokke was in die politiek en “civic service” het hy geglo as prediker moes hy gesien word. Hy wil he mense moet van hom se, soos Johannes gese het in Die Bybel, “Daar is die lam van God.” Die jong mense sien h yen sy vrou as “role models” en hulle respekteer hulle en dit is die boodskap wat hy wil dra end it is wat hy wil he mense moet kan sien.

Hy ook by Birches gewerk en hy was altyd hoflik gewees. Hy het altyd die deur oopgemaak vir die mense en hulle ingestap. Hy wou gehad dat die kliente gesien het dat hy vir hulle omgee en dat hy vriendlik was met almal.

Een van sy gunsteling Bybelverse is 2 Petrus 3, want dit was sy toespreek vers. “Die godelose mense vra wanneer is die wedekoms van die Here, en dan vra hulle wanneer kom Hy. We are all waiting for the coming of Christ,” se Peters. “Maar dan is daar n vers wat die antwoord is: vs 14 – ‘Daarom geliefdes tewyle julle hierdie dinge verwag, moet julle julle daarvoor beywer om vlekkeloos en oberispelik voor God, en in die vrede met Hom te lewe.’

“Die vers het my gedra, en die vers was nie deur my gekies nie, dit het van bo afgekom,” se Peters.

“Baie mense sien die koms van die Here as n vrees, maar dit is nie n vrees nie. I can’t wait, because ek wil in vrede lewe. En elke keer as ek reflek hoe ek by die 50 jaar gekom het, prober ek om skoon te bly. As daar vrede in die wereld gewees het, hoe sal die wereld nie gewees het nie,” se Peters.

Behalwe vir die Here, sy gunsteling mens in die Bybel is Dawid. Want hy onthou toe hy en sy broer terug gekom het van n kerk diens op die plaas en hulle het geloop van waar die kerk was tot waar hulle gebly het, het hulle altyd deur die bos geloop in die donker en hulle het altyd gese, “Die Here is my Herder” (Psalm 23).

“Want baie kinders is bang vir n spook, maar hulle is nie bang vir n mens nie,” se Peters. So van kinderdae  is die vers ook een van sy gunstelinge.

In sluiting het hy gese dat hy nie planne het vir aftree nie. Hy sal nog betrokke wees in die kerk en so aan, maar hy gaan nou net n bietjie terug staan en sy lewe genie ten rustig wees. Hy se hy sal die dag aftree as die Here hom kom haal.

Donnay Oosthuizen

I am the Production Manager of Grocott's Mail Print Edition. I am married and I have a daughter of 10 who is in Grade 4 at Victoria Primary School. The words that I live by is if you don't succeed try and try again.

Comments are closed.