By Jako Bezuidenhout

Dennis Stuurman speaks about his memories of Fingo Village. Photo: Kathryn Cleary.

Sowat 30 jare terug is die laaste van ñ groepie mense wat as “bruin” of “kleurling” geklasifiseer is verwyder van Fingo Village, omdat dit ñ sogenaamde “Swart” gebied was. Die verwydering van kleurlingmense was deel van die Groepsgebiedewet van 1950 wat die hoeksteun van die apartheid-regering was. Die mense is verwyder na sogenaamde “Kleurling-gebiede” op die buitewyke van Grahamstad, waar “Ghost Town” en “Vergenoeg” vandag staan. Dié mense sou leer van vernedering en swaarkry.

As deel van ñ initiatief van die Isikhumbuzo-stigting, onder leiding van Professor Julie Wells van Rhodes Universiteit, het kleurling voormaalige inwoners van Fingo Village op Woensdagmiddag ñ kans gekry om hul stories te vertel. Die byeenkoms is goed bygewoon en almal teenwoordig het die stories volop waardeer – veral die stories van die drie tannies wat na vore gekom het (Tannie Hazel Agnew sit op die geseënde ouderdom van 91 jaar!)

Rhodes Geskiedenis-student Jako Bezuidenhout (regs) gesels met Hazel Agnew, Mathilda Williams en Maureen Brown. Foto: Kathryn Cleary

Daar was baie ander stories vertel. Een voormaalige inwoner vertel van haar ervaringe as kind toe haar pa die steunwerker van die dorp was. Baie van die stories was hartroerend, veral dié wat gehandel het oor die verwyderings. Dit was ñ baie emosionele vergadering, maar vol waardevolle ondervindings vir almal wat daar was.

Die middag was afgesluit met ñ sessie waar inwoners hulle voormaalige adresse kon identifiseer op ñ kaart wat beskikbaar gestel is. Dié mense was verskriklik entoesiasties om te wys waar hulle gebly het en verdere informele gesprekke het na die tyd voortgegaan. Dit is gehoop deur dié wat teenwoordig was dat meer van sulke byeenkomste kan plaasvind om hul geskiedenis en herhinneringe te bewaar.

Sina Joe het in Fingo Village gewoon voordat sy en haar familie verwyder is met die relocated as a result of the Groepsgebiedewet. Foto: Kathryn Cleary

 

Kathryn Cleary

Investigative journalist; health, human rights, politics and environmental stories.

Comments are closed.