‘n Nuwe musiekvideo deur bewilde sanger Joshua is in Hogsback geskiet.

Joshua na die Reën boei luisteraars met sy unieke musiekstyl en strelende stem en sy nuutste album, Die Wêreld Binne My, bewys weereens waarom aanhangers so gaande is oor sy musiek.

Die musiekvideo vir sy tweede enkelsnit vanaf hierdie album, Laat die Wind my Neem, is pas uitgereik.

Kyk die video hier:       https://www.youtube.com/watch?v=lPm-EoBpZLY

“Die liedjie ‘Laat die wind my neem’ gaan eintlik oor die eerste woorde wat in die tweede versie voorkom:  Soms wil ek net loop waar die velde in my groen is en die lug vol hoop, maar om die droogte in die oë te kyk, dit leer my die kuns om te staan deur tyd,” sê Joshua.

“Vir ons as mense is dit altyd so maklik om weg te hardloop vanaf die moeilike dinge in ons lewens, maar as mens bereid is om die moeilike dinge in die gesig te staar en deur te werk (in verhoudings of in wie jy is in jouself) dan kan mens aan die anderkant uitstap met iets wat jy geleer het en karakter wat gebou is, maar as jy weghardloop van dit af gaan dit jou net weer en weer inhaal.”

Die video is vervaardig deur Jean de Villiers van Daville en geskiet in Hogsback.

Die Wêreld Binne My bestaan uit 16 oorspronklike introspektiewe snitte, waarvan die lirieke almal al meer as ’n jaar voor uitreiking reeds voltooi is, maar met tyd gegroei en ontwikkel het tot volwaardige treffers wat lewens kan verander.

Facebook: https://www.facebook.com/JoshuaNaDieReen
Twitter: @JoshuaNaDieReen
Webblad: www.jndr.co.za

Comments are closed.