Sommige mense noem dit hul huis, ander noem dit n plateplek. Vir baie is hierdie “huis” die begin van grootword, van transformasie na selfstandigheid, van n verhouding gegrond op liefde, waar hulle glo die begin le van grootsheid. 

Vir ander is dit n onooglike struktuur, metaal wat roes, die begin van ondergang.

Het sommige van hierdie mense n keuse?

Nee! Te veel sinkhuise is aan’t opkom. Families se menswaardigheid word aangetas, hul selfbeeld is so laag soos slangafskeiding.

Die moraal van ouers word geknak tot in hul fondamente.

Kinders ontwikkel minderwaardigheids-komplekse en hul uitkyk op die lewe verander dramaties.

n Huis gee jou die gevoel van eenheid en eenvormigheid, van standvastigheid en vryheid on te kan doen net wat jy wil!

n Sinkhuis?

In die somer is dit bloedig warm.

Die son skroei die sweet uit jou lyf en dreineer elke bietjie vog van inspirasie om voort te gaan, uit jou liggaam.

In die winter dring die koue tot diep binne in jou gebeendere, knak twee of drie, en gaan slaap dan laggend in jou siel!

Sinkhuis, of plateplek?

n plek waar niemand moet woon!

Comments are closed.