Grocott's Mail
    Facebook Twitter Instagram
    Sunday, July 13
    Facebook Twitter Instagram
    Grocott's Mail
    • NEWS
      • Courts & Crime
      • Features
      • Politics
      • People
      • Health & Well-being
    • SPORT
      • News
      • Results
      • Sports Diary
      • Club Contacts
      • Columns
      • Sport Galleries
      • Sport Videos
    • OPINION
      • Election Connection
      • Makana Voices
      • Deur ‘n Gekleurde Bril
      • Newtown… Old Eyes
      • Incisive View
      • Your Say
    • CUE
      • Cue Archives
    • ARTSLIFE
      • Makana Sharp!
      • Visual Art
      • Literature
      • Food
      • Festivals
      • Community Arts
      • Going Places
    • OUR TOWN
      • What’s on
      • Spiritual
      • Emergency & Well-being
      • Covid-19
      • Safety
      • Civic
      • Municipality
      • Weather
      • Properties
        • Grahamstown Properties
      • Your Town, Our Town
    • OUTSIDE
      • Enviro News
      • Gardening
      • Farming
      • Science
      • Conservation
      • Motoring
      • Pets/Animals
    • ECONOMIX
      • Business News
      • Entrepreneurship
      • Personal Finance
    • EDUCATION
      • Education NEWS
      • Education OUR TOWN
      • Education INFO
    • EDITORIAL
    Grocott's Mail
    You are at:Home»NEWS»Covid-19»Coronavirus affekteer mans meer as vroue
    Covid-19

    Coronavirus affekteer mans meer as vroue

    Steven LangBy Steven LangMay 2, 2020Updated:May 2, 2020No Comments2 Mins Read
    Facebook Twitter Pinterest LinkedIn Tumblr Email

    Niemand weet presies waarom die coronavirus die dood van meer mans as vroue veroorsaak nie. Heelwat meer mans, met ‘n coronavirusinfeksie, as vroue, is in  Europa, China, die VSA en ook in Suid-Afrika oorlede.

    Een verduideliking wat algemeen oorweeg word, is dat die verskil tussen mans en vroue ten opsigte van die aantal sterftes as gevolg van hierdie virus, die gevolg van lewensstyl-keuses kan wees. Mans is meer geneig om te rook en om alkohol te gebruik en hierdie gewoontes maak hulle meer vatbaar vir asemhalingsiektes.

    Dr Stanley Perlman van die Universiteit van Iowa voer aan dat lewensstyl-keuses wel ‘n rol kan speel, maar dat dit nie die hele verhaal vertel nie. In navorsing oor hoe die coronavirus muise affekteer, het hy bevind dat op alle ouderdomme  dit meer waarskynlik is dat manlike muise deur infeksie getref sal word.

    Toe hy egterdie vroulike muise medikasie toegedien het wat die aktiwiteit van estrogeen onderdruk het, het hul dodetal vermeerder tot dieselfde vlak as dié van mans. Hierdie feit suggereer dat estrogeen ‘n mate van beskerming teen hierdie virus bied.

    Perlman glo dat sy eksperimente op die uitwerking van die coronavirus op mense van toepassing kan wees, maar gee toe dathy nie seker is presies hoe estrogeen mense teen die virus beskerm nie.

    ‘n Professor in immunologie by die universiteit van Oxford, Philip Guilder, het in ‘n verslag wat op die BBC se webblad gepubliseer is, gesê:“The immune response throughout life to vaccines and infections is typically more aggressive and more effective in females compared to males.”

    Vroue het twee X- chromosome, terwyl  mans,  slegs een het en dit is belangrik aangesien die X-chromosoom die virus registreer en enkodeer. Dit beteken dat die immuniteitselle van vroue ‘n beter geleentheid het om die virus te herken en dus is die reaksie teen die virus by vroue sterker as by mans.

    • Vertaling deur Godfrey Menitjes

    https://www.grocotts.co.za/2020/05/02/coronavirus-hits-men-harder-than-women/

    Previous ArticleCOVID-19 cases climb to 5 951 and 13 more die
    Next Article Highest-risk groups named as Covid-19 cases reach 6336
    Steven Lang
    • Website

    Comments are closed.

    Code of Ethics and Conduct
    GROCOTT’S SUBSCRIPTION
    RMR
    Listen to RMR


    Humans of Makhanda

    Humans of Makhanda

    Weather    |     About     |     Advertise     |     Subscribe     |     Contact     |     Support Grocott’s Mail

    © 2025 Maintained by School of Journalism & Media Studies.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.