Grocott's Mail
    Facebook Twitter Instagram
    Tuesday, June 17
    Facebook Twitter Instagram
    Grocott's Mail
    • NEWS
      • Courts & Crime
      • Features
      • Politics
      • People
      • Health & Well-being
    • SPORT
      • News
      • Results
      • Sports Diary
      • Club Contacts
      • Columns
      • Sport Galleries
      • Sport Videos
    • OPINION
      • Election Connection
      • Makana Voices
      • Deur ‘n Gekleurde Bril
      • Newtown… Old Eyes
      • Incisive View
      • Your Say
    • ARTSLIFE
      • Cue
        • Cue Archives
      • Makana Sharp!
      • Visual Art
      • Literature
      • Food
      • Festivals
      • Community Arts
      • Going Places
    • OUR TOWN
      • What’s on
      • Spiritual
      • Emergency & Well-being
      • Covid-19
      • Safety
      • Civic
      • Municipality
      • Weather
      • Properties
        • Grahamstown Properties
      • Your Town, Our Town
    • OUTSIDE
      • Enviro News
      • Gardening
      • Farming
      • Science
      • Conservation
      • Motoring
      • Pets/Animals
    • ECONOMIX
      • Business News
      • Entrepreneurship
      • Personal Finance
    • EDUCATION
      • Education NEWS
      • Education OUR TOWN
      • Education INFO
    • EDITORIAL
    Grocott's Mail
    You are at:Home»ARTS & LIFE»Van der Merwe verskyn op die grootskerm
    ARTS & LIFE

    Van der Merwe verskyn op die grootskerm

    Staff ReporterBy Staff ReporterJuly 30, 2017No Comments3 Mins Read
    Facebook Twitter Pinterest LinkedIn Tumblr Email
    Rob van Vuuren as Van Der Merwe. Foto: Dylan Louw
    Rob van Vuuren as Van Der Merwe. Foto: Dylan Louw

     

     

    Die huishoudelike naam, vriend, buurman en ikoniese karakter, VAN DER MERWE, is eersdaags op die silwerskerm.

    Die film is op Vrydag (28 Julie) landswyd uitgereik en die rol van Van der Merwe word vertolk deur die welbekende en talentvolle Rob van Vuuren.

    Rob sê hy het ‘n fantastiese tyd op stel gehad en dit was ‘n wonderlike ervaring.

    “Dit was ‘n onvergeetlike ervaring en geleentheid om so ‘n ikoniese karakter te vertolk. Ek dink mennse gaan lekker lag om te sien hoe Van lewe kry op die grootskerm en ek hoop hulle kan hulself in sekere situasies vereenslewig met die karakter. Ek het dit baie geniet om Van te speel en ek hoop die kykers geniet,” voeg Rob by.

    Die onderwerp van Suid-Afrika se gunsteling-grappies, kry lewe in hierdie splinternuwe komedie oor die buiteperd. Ten volle toegerus met sy wanopvattings, vooroordele en kenmerkende onvermoë om suksesvol te wees, gaan Van Der Merwe jou laat lag, huil, en ineenkrimp wanneer hy probeer om ’n moeilike situasie reg te stel, en ’n groot gek van homself maak, terwyl hy daarmee besig is. Sy liefdevolle vrou, beeldskone dogter, en statige aanstaande Britse skoonseun sal jou amper laat glo dat sy geluk besig is om te draai…

    Vervaardigers Craig Jones, Bruce Macdonald, Murray Macdonald en Bruce Lawley bring ’n splinternuwe, tong-in-die-kies familiekomedie na die grootskerm, wat afspeel op ’n plaas in Suid-Afrika.

    Elke land het iemand met wie hulle spot. In Ierland is dit Paddy, in Israel is dit Hymie en in Suid-Afrika, is daardie persoon Van der Merwe… hierdie storie gaan oor hom.

    “Van is deel van ons kultuur, ’n karakter met wie ons almal kan vereenselwig. Hy het ’n geskiedenis en ’n plek in ons harte. Om aan hom lewe te gee, op die grootskerm, is iets wat almal graag wil sien” sê regisseur en draaiboekskrywer, Bruce Lawley oor Van der Merwe – sy eerste vollengte film.

    Die film  vertel die verhaal van Van se dogter, Marike, wat terugkeer na ’n oorbruggingsjaar in England. Maar sy is nie alleen nie. Haar verloofde, George, ’n Britse mediese student is aan haar sy. Dit skep die perfekte geleentheid vir talle probleme en uitdagings…

    “VAN DER MERWE is ’n goedvoel-fliek. Ons wil hê dat mense die teater moet verlaat met ’n glimlag en die positiewe boodskap dat alles oukei sal wees, ongeag van jou omstandighede of tekortkominge. Maar dan moet jy vir jouself kan lag. Jy kan die lewe nie te ernstig opneem nie. Bly getrou aan wie jy is, moenie moed opgee nie en hou altyd aan met glimlag,” meen Lawley.

    Behalwe vir van Vuuren se uitmuntende vertolking van Van, sluit die rolverdeling ‘n hele reeks bekende name in soos Ian Roberts, Chanelle de Jager,  Reine Swart, Adrienne Pearce, André Jacobs, Rika Sennett, Erica Wessels, Louw Venter,Benedikt Sebastian, Matthew Baldwin, Neels van Jaarsveld en Melt Sieberhagen om maar net ’n paar te noem. Kurt Darren maak ook ’n gasvertoning as ’n sanger by die troue en Barry Hilton speel die rol van Freddie, die kroegman en Van se beste vriend.

    Van der Merwe beloof om kykers te laat skaterlag met skreeusnaakse familie- en kultuurkonflik, ongemaklike situasies, en katastrofes wat die Van der Merwe-titel meer as gestand sal doen. Dié rolprent word versprei deur Ster-Kinekor Entertainment en is landswyd vrygestel verlede naweek

    Kyk die lokprent hier:
    https://youtu.be/Phoa25fAZRg

    SOSIALEMEDIASKAKELS:
    Facebook: https://www.facebook.com/vandermerwefilm/
    Twitter: @vandermerwefilm

    Previous ArticleRhodes Internal Rugby League kicks off with a bang
    Next Article Grahamstown burglar arrested
    Staff Reporter
    • Website

    Comments are closed.

    Code of Ethics and Conduct
    GROCOTT’S SUBSCRIPTION
    RMR
    Listen to RMR


    Humans of Makhanda

    Humans of Makhanda

    Weather    |     About     |     Advertise     |     Subscribe     |     Contact     |     Support Grocott’s Mail

    © 2025 Maintained by School of Journalism & Media Studies.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.