Grocott's Mail
    Facebook Twitter Instagram
    Saturday, May 24
    Facebook Twitter Instagram
    Grocott's Mail
    • NEWS
      • Courts & Crime
      • Features
      • Politics
      • People
      • Health & Well-being
    • SPORT
      • News
      • Results
      • Sports Diary
      • Club Contacts
      • Columns
      • Sport Galleries
      • Sport Videos
    • OPINION
      • Election Connection
      • Makana Voices
      • Deur ‘n Gekleurde Bril
      • Newtown… Old Eyes
      • Incisive View
      • Your Say
    • ARTSLIFE
      • Cue
        • Cue Archives
      • Makana Sharp!
      • Visual Art
      • Literature
      • Food
      • Festivals
      • Community Arts
      • Going Places
    • OUR TOWN
      • What’s on
      • Spiritual
      • Emergency & Well-being
      • Covid-19
      • Safety
      • Civic
      • Municipality
      • Weather
      • Properties
        • Grahamstown Properties
      • Your Town, Our Town
    • OUTSIDE
      • Enviro News
      • Gardening
      • Farming
      • Science
      • Conservation
      • Motoring
      • Pets/Animals
    • ECONOMIX
      • Business News
      • Entrepreneurship
      • Personal Finance
    • EDUCATION
      • Education NEWS
      • Education OUR TOWN
      • Education INFO
    • EDITORIAL
    Grocott's Mail
    You are at:Home»Uncategorized»‘n Moord, ‘n papegaai en ‘n leuen…
    Uncategorized

    ‘n Moord, ‘n papegaai en ‘n leuen…

    Grocott's MailBy Grocott's MailJanuary 26, 2017No Comments3 Mins Read
    Facebook Twitter Pinterest LinkedIn Tumblr Email

    Besprekings vir die nuwe Koos Roets fliek, Hoener met die Rooi Skoene het op Dinsdag, 24 Januarie 2017, geopen. 

    Besprekings vir die nuwe Koos Roets fliek, Hoener met die Rooi Skoene het op Dinsdag, 24 Januarie 2017, geopen. 

    Kaartjies kan vooraf bespreek word via Ster Kinekor en Nu Metro vir hierdie riller-komedie wat kykers gaan laat regopsit, ril en skater van die lag en vanaf Vrydag, 27 Januarie 2017, in fliekteaters landwyd te sien sal wees  www.sterkinekor.com www.numetro.co.za. 

    Terwyl Bonnie van der Byl (Lizz Meiring), ontvangsdame van die internasionaal bekende De Waal Teateragentskap tot laataand op ‘n stormagtige nag lustig en ongestoord by haar lessenaar oor die telefoon voortklets, lê die lyk van haar baas, die suksesvolle, maar minder gewilde sakeman en impresario, Du Toit De Waal (Deon Lotz) met ‘n dolk in sy rug op die kantoortafel agter haar rug.

    Sy skakel die polisie en by nadere aanskoue van haar bloeiende baas, word sy oudergewoonte flou.  As sy met die flitslig van Konstabel Mickey Mentz (André Weideman) in haar oë bykom, is die lyk skielik skoonveld …
     
    Hiermee is die tafel gedek vir ‘n vinnige bewegende, spannende en skreeusnaakse riller-komedie vol verrassende kinkels waarin die ontvangsdame met haar bekkige papegaai, Napoleon, en die hoogs beneukte, geïrriteerde en grieperige speurder. Kaptein Hendrik Greyling (Louw Venter), sentraal staan.
     
    Die misterie rondom die naam Hoener met die rooi skoene word vroeg in die verhaal reeds tot groot vermaak van Konstabel Mentz opgeklaar. 

    Tydens ondervraging waarin al die karakters op kantoor in ‘n klousterfobiese ruimte saamgegooi is, word allerlei geheimpies ontbloot … Cecilia de Waal (Dorette Potgieter), die aantreklike veel jonger vrou van die baas, het meer as een skelmpie, die ouer privaat-sekretaresse Miss Enith Conradie (Lida Botha) is jare lank al verlief op die baas, die ligsinnige Roxie Roos (Laré Birk) is die baas se minder gewillige pretpoppie op kantoor, die sjarmante Percy Celliers (Geon Nel) doen nie sy werk nie en die ouer klerk, Harold Berrington-Smith (Flip Theron) is ‘n ‘tail gunner’. 

    In hierdie storm van verdagmakery en beledigings verskyn die baas se lyk skielik perdfris en gesond op die toneel …
     
    Sake neem ‘n interessante wending as die lyk van Cecilia se skelmpie, Jacques Petout (Jacques Theron), met ‘n meswond in die rug op op die sandduine ontdek word … en nog ‘n slagoffer, ook met ‘n meswond, reg voor Bonnie se oë by die kantoor-hysbak inmekaar sak.  

    In kompetisie met die kaptein om die moord(e) op te los, word Bonnie die selfaangestelde speurder wat bewyse soos ‘n selfoon, sleutel en ‘n bebloede nota as troefkaart gebruik om die erg koorsige speurder ore aan te sit.  

    Haar planne loop sleg skeef as die ontmagtigde Kaptein Hendrik Greyling tydens die hoogtepunt van die storm in ‘n geslote kas opeindig, terwyl die moordenaar op haar toeslaan…
     
    Hoener met die Rooi Skoene is ‘n riller-komedie, met onverwagse kinkels in ‘n netso vreemde kabel … en ‘n infame leuen wat eers teen die einde nek-omgedraai word en word vrygestel op 27 Januarie 2017 deur Ster Kinekor Entertainment.
     
    Fliekteaters waar Hoener met die Rooi Skoene sal speel is Ster Kinekor by The Bridge PE, en 
    Bayside

    LOKPRENT https://youtu.be/1xgCBPYCW5Q

    Previous ArticleDear black child
    Next Article Privacy and the workplace
    Grocott's Mail

      Comments are closed.

      Code of Ethics and Conduct
      GROCOTT’S SUBSCRIPTION
      RMR
      Listen to RMR


      Humans of Makhanda

      Humans of Makhanda

      Weather    |     About     |     Advertise     |     Subscribe     |     Contact     |     Support Grocott’s Mail

      © 2025 Maintained by School of Journalism & Media Studies.

      Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.